Stem saam as die verpakking nog relatief goed is is die kanse goed dat die ammo goed is maar ja,as jy nie seker is nie trek die punt op n ronte en kyk of kryt nog los is. Het self 9mm ammo wat tussen 20 en 30 jaar oud is GEEN probleme.
Quote Originally Posted by Ds J View Post
Trol, die algemene reŽl is dat ammunisie kan/sal skiet solank dit veilig (droog en donker en koel) bewaar is. Sommige van die Gunsiters skiet 303- en 8x57-ammunisie van die TWO sonder probleme. Slaan 'n paar van die patrone uit voordat jy skietbaan toe gaan. As die kruit los en onverkleurd is kan jy gewoonlik mey 'n geruste hart gaan speel. Ek het 30-jaar oue .222 Sako-ammunisie gekry en hulle was nie meer kosher nie.