Results 1 to 7 of 7

Thread: 9mm,.40 of .45

  1. #1

    Title
    Junior Member
    Join Date
    May 2017
    Posts
    4

    9mm,.40 of .45

    hi almal
    eks op soek na julle input asb
    ek is gereed om weer n handwapen te koop eks onseker oor die calibers se betroubaarheid ens
    ek wil die wapen he vir self verdediging by my dra sowel as by die huis.
    al die gerigte van...

    1)die 9mm het nie genoeg stop krag nie...maar jy het meer skote...
    2)die .40 het n geneigtheid om te stoor en op te blaas weens die hoe ladings...maar hy het meer stop krag
    3)die .45 se ammo is duur ...maar hy het goeie stop krag

    al die pro's en con's het my aan die twyfel oor almal...

    kan julle help asb

  2. #2

    Title
    Junior Member
    Join Date
    May 2017
    Posts
    4
    ek het die volgende stats by mekaar gesit wat my nog meer verwar...

    Penetrasie average deur kaal bo lyf...met klere aan en dan met dik baaitjie ens

    9mm
    spoed=301.75m/s
    147 gr hollow point
    penetrasie=359mm

    .40
    spoed=301.75m/s
    180 gr hollow point
    penetrasie=351mm

    .45
    spoed=275.85m/s
    230 gr hollow point
    penetrasie=310mm

  3. #3

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    339
    Vlakkie, ek skryf soos ek op www.gunsite.co.za/forums gelees het waar hierdie vraag al baie aandag geniet het. Dit is hierdie forum se Engelstalige ousus - daarom mag ek dit aanhaal en daarna verwys.

    Die kaliberkwessie het basies verval met die laaste dekades se ontwikkelings in handwapenammunisie. Nie een van die tradisionele 9mm-vs-40-vs-45 argumente is werklik meer geldig nie, behalwe "meer koeŽle is goeter."

    Kry 'n 9mm Luger/Parabellum (dis dieselfde kaliber) want die ammunisie is goedkoper, meer beskikbaar en jy het meer skote vir die skietgeveg wat hopelik nooit plaasvind nie. As jy herlaai is dit nog goedkoper, of jy kan meer skiet vir dieselfde geld.

    Penetrasie is goed genoeg vir al die genoemde kalibers - veral in gekoopte hoŽgraadse patrone. Die enkele millimeters of sentimeters wat hulle verskil maak nie 'n praktiese verskil nie - hulle is ewe goed of sleg.

    Die rede waarom ek dit sÍ is soos volg: handwapens het nie dieselfde slaankrag as langwapens nie. Om dit baie versigtig te stel: 'n 38Spl-koeŽl het rofweg 10% van die slaankrag van 'n 30-06. My voorbeeld is uiteraard nie baie akkuraat nie maar dit gee 'n idee van die verskil tussen handwapens en gewere.

    'n Verdere bewys vir die relatiewe "oneffektiwiteit" van handwapens is die mediese verslae van noodpersoneel. Hulle kan nie werklik op 'n toneel of tydens 'n lykskouing tussen die koeŽlwond van 'n 9mm of 'n .45 onderskei nie, behalwe as hulle 'n koeŽl kry.

    Handwapens se slaankrag verskil van mekaar maar hulle is almal ewe power as dit met werklike slaankrag vergelyk word. Die enigste uitsonderings is die heel groot handkalibers soos die 44 Magnum of 50 S&W, maar dŪe skop te veel en het werklik te min skote, om van hanteerbaarheid nie eers te praat nie.

    Die heel belangrikste sake is betroubaarheid en akkuraatheid. Jou pistool moet altyd kan skiet as jy hom nodig het en die koeŽls moet daar eindig waar jy dit bedoel. Daarna kom kaliberkeuse, koeŽlkeuse ens.

  4. #4

    Title
    Junior Member
    Join Date
    May 2017
    Posts
    4
    baie dankie dis awesome info

  5. #5

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    339
    Groot plesier, laat weet as daar nog iets nodig is. My kennis is beperk maar wat ek weet deel ek graag.

  6. #6

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Mar 2016
    Posts
    108
    Quote Originally Posted by Vlakkie View Post
    ek het die volgende stats by mekaar gesit wat my nog meer verwar...

    Penetrasie average deur kaal bo lyf...met klere aan en dan met dik baaitjie ens

    9mm
    spoed=301.75m/s
    147 gr hollow point
    penetrasie=359mm

    .40
    spoed=301.75m/s
    180 gr hollow point
    penetrasie=351mm

    .45
    spoed=275.85m/s
    230 gr hollow point
    penetrasie=310mm
    Ek het maar my bedenkinge oor die tipe data. Vrae kom op soos: Op wie is dit gemeet? en Wat was sy opinie oor die saak?

    Die standaard toets vir handwapen-ammunisie vir gebruik teen aanvallers is die FBI gelatien-toets. Lang storie, google hom maar. Die toetsdata van verskillende kombinasies is ook beskikbaar.

    Ek hou van al die kalibers en besit hulle en ander. Maar as dit by elke dag dra (EDD) kom, dan verkies ek 'n 9mmP.

    Wapenkeuse is 'n ander saak. Daar is verskeie oorwegings om na te kyk.
    Van die oorwegings is:
    Grootte (vir makliker wegsteek aan jou lyf).
    Kapasiteit (meer pitte is beter, maar dit vat meer spasie).
    Plaaslike naverkoopdiens (simpel as die wapen onderdele benodig en jy moet 'n jaar wag om dit ingevoer te kry).
    Beskikbaarheid van onderdele (ekstra magasyne is altyd nuttig en vere ens raak pap na 'n ruk en moet vervang word, visiere raak beskadig ens).
    Afwesigheid van skerp hoeke en uitsteeksels (Daai goed maak seer as dit elke dag teen jou vetrolletjie/heupbeen skaaf).
    Hanteerbaarheid (maklike, eenvoudige kontroles).
    Gewig (Hoe swaarder die wapen, hoe makliker bly hy tuis. Pistole met plastiek-rame is hier om te bly).
    Roesbestandheid (as jy EDD gaan jy op hom sweet).
    Prys (reken ook die koste van ekstra magasyne ens in).
    Die volgorde van bg. is nie noodwendig in rangorde van belangrikheid nie.

    Wat nie punte tel nie:
    Hoe hy in jou hand voel.
    Wat "cool" lyk in flieks.
    Wat die internet eksperte te vertelle het.
    Legendes wat oor en oor vertel word, soos "As jy nie met 5 skote kan regkom nie, dan sal jy ook nie met meer regkom nie".

    Dit is altyd 'n goeie idee om eers vir opleiding te gaan voordat jy 'n keuse maak. Jou vaardigheidsvlak het 'n groot invloed op jou keuse. Met opleiding bedoel ek nie die basiese wapenhantering vir bevoegdheid nie. Ek bedoel doelgerigte selfvededigings-opleiding.

  7. #7

    Title
    Junior Member
    Join Date
    May 2017
    Posts
    4
    Quote Originally Posted by 762 View Post

    bitter baie dankie vir die info dis so waar wat hier bo gese is en soms kyk mens die basics mis omdat daar teveel details is
    ek wardeer regtig die info dis awesome

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •