Results 1 to 7 of 7
  1. #1

    Title
    Junior Member
    Join Date
    Apr 2017
    Posts
    3

    How long will Beretta last in South Africa?

    I am a supporter of Beretta. I have been around this make of firearms for 35 years. I believe it to be world class firearms.
    But I forsee that if the current importer in South Africa continues to give such poor service, this generation of shooters, will be the last generation of supporters.

  2. #2

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    339
    Ek weet nie wie die vorige of huidige invoerders is nie en kan ook nie sÍ dat ek noemenswaardige ervaring met hulle of Beretta se pistole of haelgewere het nie.

    Dit is egter 'n feit dat die meeste Europese topklas maatskappye gesteld is op goeie verkope en kliŽntediens.

    Indien dit werklik so is dat die huidige agente se dienslewering nie op standaard is nie moet Beretta in ItaliŽ dit hoor want hulle het belang om die saak reg te stel.

    Maar: neem eers die saak met die plaaslike agente / invoerders op. Daar is dalk 'n goeie rede vir die oorsprong van die klagtes.

  3. #3

    Title
    Junior Member
    Join Date
    Jun 2017
    Posts
    5
    Just my opinion
    But what I heard from most gun owners I know is they all battle with all makes of firearms


    Sent from my iPhone using Tapatalk

  4. #4

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Mar 2016
    Posts
    108
    Die probleem met die plaaslike agente sit net daar by hulle. Hulle gee min tot geen naverkoopdiens op enige van die lang lys van handelsmerke wat hulle invoer. Soms sal hulle 'n item vervang onder waarborg, maar dis dit. Daarna is jy op jou eie.

    Die probleem met die mense is dat hulle 'n klomp baie goeie handelsmerke invoer. Ek gaan nou nie name noem nie, maar die meeste het 'n goeie reputasie vir kwaliteit, en hulle is die alleen-agente.

    Die enigste manier om hulle tot ander insigte te bring is om daar te vat waar dit seermaak: Die beursie. Ondersteun fabrikate wat plaaslik ondersteun word.

  5. #5

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    339
    Dit is werklik jammer om dit so te hoor. As dit onkunde of onvermoŽ is kan 'n mens dalk iets daaraan doen maar as dit arrogansie of moedswilligheid is raak dit 'n tameletjie.

  6. #6

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Mar 2016
    Posts
    108
    Dit IS jammer.

    Beretta is 'n legendariese firma met meer as 500 (ja, vyf honderd!) jaar se geskiedenis in wapenvervaardiging.

    Hier in SA het Beretta se model 92 pistool en sy variante 'n lang reputasie vir betroubaarheid, akkuraatheid en duursaamheid. Selfde met hulle A300 en dubbelloop haelgewere. Dan is daar die 70- en 80-reeks pistole. Ek self het my eerste pistoolskiet-lesse met 'n model 71 pistool gekry op die rype ouderdom van 15 jaar. Dit was 'n hoogtepunt in my lewe. Ek besit tans 'n model 84 pistool wat my moeder s'n was. Nie my drawapen nie, maar 'n netjiese stuk vakmanskap. Ek en my kinders geniet dit om hom skietbaan toe te vat.

    Nou bring die plaaslike agente hulle mod 92 variante, die PX4 reeks, die nuwe APX pistool, hulle haelgewere ens in, maar onderdele is 'n probleem.

    Min mense weet ook dat handelsmerke soos Sako, Tikka, Benelli, Burris ens. almal behoort aan die Beretta groep. Almal ook goeie kwaliteit.

    Ek sien dat baie mense wat onderdele vir enige van hierdie make wapens benodig, voer dit maar self in vanaf die VSA en dalk elders. As die naverkoopdiens van die invoerders op standaard was, sou jy dit by jou plaaslike handelaar op enige dorp kon kry.

    Ter vergelyking: Probeer slyt-onderdele soos magasyne, terugslagvere ens. vir fabrikate soos bv. Glock en CZ kry. Daar is verskeie opsies en meeste van die onderdele is in SA in voorraad. Binne 1 week lÍ dit by jou plaaslike handelaar.

  7. #7

    Title
    Senior Member
    Join Date
    Nov 2015
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    339
    Dan is dit dalk tyd om met Beretta self in kontak te tree. Die heel beste sal wees as 'n paar van die skietorganisasies (SA Jagters, NHSA en dalk 'n paar handelaars) die pen opneem.

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •