Hallo Legion, geniet daai rookpaal (met Sannadex). My geweer se twist is 1:48 en verbasend akkuraat met so 'n stadige twist. Vermoed joune sal 1:60 wees. Ek skiet nie bolle met lappies nie (kyk 'n bol het die ballistiek van 'n aartappel wat my betref, maar 'n aartappel smaak darem lekkerder - nee ek spot, ek weet van ou's wat daai bol kan reguit stuur). Ek verstaan jou dat die vetlappie om die bol darem 'n gedeeltelike 'skoonmaak' is. Ek het 'n ander potensiele kontak vir Sannadex gehad maar te lank gesloer en nou's alles verkoop. Kan my eie gai skop (maar dit was in die Oos-Kaap en ek is in Gahteng). Mooi loop.