Announcement

Collapse
No announcement yet.

voorlaaier jag

Collapse
X
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • voorlaaier jag

    Dit lyk my die swartkruit manne is maar skaars hier. Ek jag en skiet uitsluitlik net met swartkruit gewere.
    ek het al aan heelwat kompetisies deelgeneem. Ek jag gewoonlik met my .50 kaliber inline geweer en het nog nie n
    enkele dier verloor nie. Ek sal graag wil hoor van nog mense wat met swartkruit jag.

    Groetnis

    Kobus

  • #2
    'n Swartkruit geweer is iets wat ek nog graag sal wil skiet.

    Deel jy neem saam Willie Barnard en Gert Odendaal as hulle die swartkruit geweer byeenskomste het?

    Comment


    • #3
      As dit Gert Odendaal van Heidelberg is dan het ons al aan n paar kompetisies saam deelgeneem, onder andere n paar S.A kampioenskappe.

      Ons moet dalk iets reel sodat jy kan kom ruik hoe moet rook regtig ruik en voel hoe moet n geweer regtig stoot in jou skouer (let wel nie skop nie)

      Groetnis

      Kobus

      Comment


      • #4
        Ek dink Gert is nou in Witbank. As ek reg onthou, hy mag dalk vroeer van Heidelberg gewees het.

        Ons sal moet gesels in die nuwe jaar om so iets te reel.

        Comment


        • #5
          ek het met my .50 voorlaaier en met my
          martini henries gejag, het twee martinis

          Comment


          • #6
            Ek jag nie eintlik met my swartkruit gewere nie, maar geniet darem nog my .75 "Brown Bess" klipslot geweer, en skiet 'n baie beperkte paar skote per jaar met my oorspronklike 1850 "Victoria Enfield"

            Comment


            • #7
              Originally posted by Mic View Post
              Ek jag nie eintlik met my swartkruit gewere nie, maar geniet darem nog my .75 "Brown Bess" klipslot geweer, en skiet 'n baie beperkte paar skote per jaar met my oorspronklike 1850 "Victoria Enfield"
              Daaaar poep 'n impi.

              Baie mooi meneer. So daar geweer is nou 166 jaar oud en skiet nog 'n hond uit die bos.
              Is die geweer 'n erfstuk wat so met die jare aan 'gepass' is of het jy hom gekoop?

              When injustice becomes law, resistance becomes duty.
              -- Thomas Jefferson --

              Comment


              • #8
                My Victoria Enfield is nie 'n erfstuk nie, maar wel 'n geskenk van my skoonpa af.

                Die Brown Bess is 'n replika vanaf DGH.

                Comment


                • #9
                  Ek het 'n .50 Lyman Deerstalker waarvan ek die ou korrel en visier verwyder het en vervang het met optiese vesel korrel en visier (rooi voor en u-vormige groen agter). In goeie lig lyk dit soos liggies wat brand. Agter is vir hoogte en wind verstelbaar (maar met 'n fyn skroewedraaiertjie - dus karring ek nie sedert dit ingestel is vir 70m nie). Met my (amper) 60-jarige oge kan ek darem so 'n twee-duim groepering behaal met die geweer; ek glo die geweer is tot beter in staat. Hy hou van swaar koeels (450-470 grein, veral die 'black belt' soort). Ek doen redelik met sabot koeels. En dan verpes ek die smerigheid van swartkruit, daarom skiet ek net met Sannadex. Ja ek het nog so 'n halwe blikkie (pistoolgraad) oor en is baie suinig daarmee. Het al op die baan 20 skote afgevuur sonder skoonmaak. Is daar iemand wat dalk nog Sannadex het wat jou lewe versuur, dan neem ek dit by jou oor.
                  Groete
                  Gerhard

                  Comment


                  • #10
                    Jammer, ek het sannadex maar dit versuur my nie. Maak ook geensins skoon tussen skote. Akkuraatheid bly op standaard. Die lappie met smeermiddel en rb wat in loop afgedruk word is in elk geval deels "skoonmaak aksie". Met die sabots het ek nie ondervinding nie. My great plains het twist vir patch en rb.
                    Last edited by Legion; 29-03-2016, 05:06 PM.

                    Comment


                    • #11
                      Hallo Legion, geniet daai rookpaal (met Sannadex). My geweer se twist is 1:48 en verbasend akkuraat met so 'n stadige twist. Vermoed joune sal 1:60 wees. Ek skiet nie bolle met lappies nie (kyk 'n bol het die ballistiek van 'n aartappel wat my betref, maar 'n aartappel smaak darem lekkerder - nee ek spot, ek weet van ou's wat daai bol kan reguit stuur). Ek verstaan jou dat die vetlappie om die bol darem 'n gedeeltelike 'skoonmaak' is. Ek het 'n ander potensiele kontak vir Sannadex gehad maar te lank gesloer en nou's alles verkoop. Kan my eie gai skop (maar dit was in die Oos-Kaap en ek is in Gahteng). Mooi loop.

                      Comment

                      Working...
                      X